Thursday 19 May 2011

Saartjie, die legend....

Ek is op die oomblik 'n trotse eienaar van twee spoggerige motortjies, Saartjie en naamloos (okey ek het die kar gister gekry, so hy/sy het nog nie 'n naam nie)
Saartjie was my eerste wiele. Ek het haar in my tweede eerste jaar op Universiteit gekry, lang storie kort, sy was my peetpa se ou studente kar, 'n Honda Balade, AMG. Vir die meisies wat die lees, dit beteken dis 'n baie vinnige kar, maar hy is baie oud. Sy was 'n suprise persent van my peet ouers af. Toe hulle die sleutels in my hand stop en vir my se, dis nou jou karretjie, het ek begin huil... en tot vandag toe nog weet ek nie of dit was oor die kar so lelik was of oor ek net so gelukkige was om 'n kar te he nie! Ou Saartjie het menigte dronk aande oorleef, en sy was ons trotse "roadtrip car" in haar beste jare, die beste deel van Saar was haar "sunroof", om in ekstase jou kop by die sunroof uit te steek en op jou hardste te gil was "liberating"! Wel nou het ou Saartjie nie meer so baie enjin in haar oor nie, sy raak nou moeg, en toe voor ek my oe uitvee het my wonderlike ouers vir my 'n oulike blou Chevy Spark gekoop... 800cc. Meisies dit beteken dis 'n stadige karretjie maar hy is baie "cute". Nou kom die groot vraag... Hoe neem mens afskeid van 'n kar? Hoe se jy vaarwel vir daardie lojale motortjie wat jou orals gevat het, al die raodtrips en herinneringe saam jou gedeel het? Dis maar 'n teer saak en ek het nognie 'n oplossing nie, maar ou Saartjie is 'n legend, sy was deel van die vriende en elke persoon wat ooit die geleentheid gehad het om in haar rond te ry sal haar NOOIT vergeet nie.

No comments:

Post a Comment