Tuesday 27 September 2011

INSPIRASIE OP 'N MOOI DAG SOOS VANDAG...

Wel, met al die dol dinge van die lewe, het ek myself weer kans gegee om bietjie inspirasie te soek... Daar is niks so ongelooflik soos om in een prent of foto soveel kreatiewe idees te kry nie.
Hierdie foto het my laat dink aan die saligheid van somer... om met 'n sagte somersrokkie in die tuin te stap en die son op jou vel te voel... iets wat ek ongelooflik baie gemis het deur die winter.

Ek het nie woorde nie... ek is 'n herfskind, dis my beste tyd. Dis asof die natuur met my praat en my soveel gee om mee te werk, die kleure wat verskyn soos elke boom verjaar.
 Dis ongelooflik mooi!

 My ideale huis in my kop, vandat ek nog 'n klein dogterjie was, was ene met so balkon, en toegerank met 'n plant...

Die jeans, die t-shirt, die sonbril en die hoed maak van die 'n baie cool en unieke foto...

Die kleure in die foto het my dadelik getrek. Ek is aml oor die blou/ turqoise, met die rooi bruine. dis 'n "stunning" kombinasie!
My liefde vir teken... Ek moet begin tyd maak vir my kuns!


No comments:

Post a Comment